Skip to content

Jubilee-winkelsentrum in Hammanskraal tydelik gesluit na OTM-bomaanval

# Die polisie in Gauteng soek na ‘n groep verdagtes na ‘n bomaanval vanoggend op ‘n OTM by die Jubilee-winkelsentrum in Hammanskraal. Die sentrum is tydelik gesluit weens die polisie-ondersoek. Die polisie het inligting ontvang oor ‘n groep van ongeveer 20 onbekende verdagtes wat die tellermasjiene in ‘n FNB-tak opgeblaas het. Die sentrum sê die gebou sal gesluit bly totdat die misdaadtoneel opgeruim is.