# Die Johannesburg Metropolisiedepartement het motoriste gewaarsku oor groot verkeersontwrigtings rondom die Orlando-stadion in Soweto voor vandag se MTN8-botsing tussen Orlando Pirates en Durban City. Paaie sal van 10-uur vanoggend af gesluit word, met belangrike roetes soos die N17, Soweto-snelweg, Klipspruit Valleyweg, Mookistraat en Martha Louwstraat wat geraak word. JMPD-woordvoerder Xolani Fihla doen ‘n beroep op ondersteuners om vroeg op te daag. Die afskop is om 3-uur vanmiddag, met hekke wat om 11-uur oopmaak:
JMPD waarsku teen verkeersontwrigtings weens MTN8-wedstryd [KLANK]
ENG-FihlaOnTrafficMTN8