# Die ABC-televisienetwerk het aangekondig dat die program Jimmy Kimmel Live vanaand weer uitgesaai sal word. Die laataandprogram is verlede week vir ‘n onbepaalde tyd van die lug gehaal nadat Jimmy Kimmel opmerkings gemaak het oor die moord op die konserwatiewe mediapersoonlikheid Charlie Kirk. Kimmel het in sy monoloog verlede Maandag gesê die MAGA-groep probeer politieke voordeel trek uit die moord op Kirk. Hy het ook die Amerikaanse president, Donald Trump, gekoggel oor sy reaksie op die skietery. Sinclair, een van Amerika se grootste TV-stasie-eienaars, sê hy sal nie die program uitsaai nie.