# Die Young Intelligent Minds of South Africa het die ANC en DA gekasty omdat hulle die land soos ‘n Tom and Jerry – tekenprent regeeer. Die groep sê die twee partye verstaan nie die verantwoordelikhede en die grondwetlik magte van die regering van nasionale eenheid nie. Hy kritiseer die DA se onttrekking uit die Nasionale Dialoog as politieke teater en doen ‘n beroep vir ‘n vroeë verkiesing. Die jeugorganisasie sê Suid-Afrikaners verdien ‘n bestendige en meerderheid-geleide regering, en nie die chaos en eiebelang wat nou te sien is nie.
Jeuggroep looi die ANC en DA oor hulle “Tom and Jerry” regering