# Japan se eerste minister, Sanae Takaichi, kritiseer die Russiese president, Vladimir Putin, se besoek aan betwiste eilande as absoluut onaanvaarbaar. Die eilande, bekend in Japan as die Noordelike Gebiede en in Rusland as die Suidelike Koeril-eilande, is die middelpunt van ‘n langdurige gebiedsgeskil tussen die twee lande. Tokio sê die gebied is Japannees, terwyl Moskou die eilande beheer. Putin se besoek het die betrekkinge tussen die twee lande verder onder druk geplaas terwyl Tokio volhou met sy teenkanting teen Moskou se soewereiniteits-aansprake oor die strategies- belangrike eilande.
Japan veroordeel Putin se besoek aan betwiste eilande