# Indonesiese owerhede het duisende polisie en soldate ontplooi ter voorbereiding van ‘n studentebetoging. Die studente is kwaad oor die stygende lewenskoste en wil hê president Prabowo Subianto se hoë besteding moet beperk word terwyl die ekonomie toegelaat word om te herstel. Studente van verskeie kampusse regoor Groter Jakarta het naby die Staatspaleis vergader. Meer as vier-duisend sekuriteitspersoneel is ontplooi om die situasie te bestuur. Verskeie van die betogers se eise fokus op die ekonomie, wat inskakel met buitelandse beleggers wat fondse onttrek het en aandele asook die rupia, Asië se swakste geldeenheid hierdie jaar, laat daal het.
Jakarta ontplooi duisende polisie terwyl studente teen presidensiële beleid betoog