Skip to content

IVP-nasionale uitvoerende komitee landwyd ontplooi vir kieserregistrasienaweek

# Die IVP se nasionale uitvoerende komitee is tydens die kieserregistrasienaweek na verskeie kiesafdelings regoor die land ontplooi. IVP-woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê dit is deel van die party se pogings om kiesers te mobiliseer om te registreer en te verseker hul stemme word gehoor in die komende plaaslike regeringsverkiesing in November. Hy sê burgers speel ‘n belangrike rol in die toekoms van munisipaliteite deur bekwame en verantwoordbare leiers te verkies wat gehalte-dienste sal lewer en die lewens van alle Suid-Afrikaners sal verbeter.