Skip to content

Israelse aanval eis vier lewens ondanks skietstilstand in Gaza

# Minstens vier Palestyne is in Gaza in Israelse aanvalle dood. Plaaslike gesondheidsbeamptes sê onder die dooies is ‘n egpaar wat gesterf het toe hul woonstel in Gasa-stad getref is, asook ‘n 17-jarige seun wat naby Khan Younis doodgeskiet is. Nog ‘n persoon is in die voorstad Zeitoun in Gasa-stad dood. Die Israelse weermag sê hy het ‘n militante persoon in Gaza geteiken, maar het nie kommentaar gelewer op die sterftes wat na bewering deur die skietery veroorsaak is nie. Sedert die skietstilstand ‘n jaar gelede begin het, is meer as een-duisend-500 Palestyne in Israeliese aanvalle dood.