Skip to content

Iran kry eerste tolgeld van skepe in Seestraat van Hormoes

# Iran het die eerste tolgeld van skepe in die Seestraat van Hormoes ontvang. Die adjunk-speaker van die Parlement wou nie sê wie die tolgeld betaal het, of hoeveel dit was nie, en volgens die BBC kon sy uitsprake nie gestaaf word nie. Teheran het voor die huidige wapenstilstand gesê hy sal deurvaart beperk tot wat hy as vriendelike lande beskryf, en tolgeld invorder van skepe wat deur die seestraat vaar. President Donald Trump het voorheen gesê Amerika sal skepe teiken wat Iran betaal om die seestraat te gebruik.