Skip to content

Internasionale Organisasie vir Migrasie is bekommerd oor menseregteskendings in Soedan

# Die Internasionale Organisasie vir Migrasie is bekommerd oor berigte van die oortreding van internasionale humanitêre wette en menseregteskendings in Soedan, en veral in die stad El-Fasher. Meer as 150-duisend mense is dood en meer as 14-miljoen ontwortel sedert die oorlog tussen die Soedanse Weermag en die paramilitêre groep, Rapid Support Forces, in April 2023 uitgebreek het. Die organisasie waarsku aanvalle op burgerlikes en burgerlike infrastruktuur, geslagsgeweld en etnies-gemotiveerde aanvalle teen ontheemde bevolkings neem skerp toe.