Skip to content

Intelligensie-koördineringskomitee waarsku joernaliste teen publikasie van geheime dokumente [KLANK]

# Die waarnemende koördineerder van die Nasionale Intelligensie-koördineringskomitee, Ntandazo Sifolo, het joernaliste aangespoor om versigtig te wees wanneer hulle geheime intelligensiedokumente hanteer. Sifolo het voor die Madlanga-kommissie gewaarsku die publikasie van sensitiewe operasionele inligting kan intelligensiebronne blootstel, ondersoeke benadeel en nasionale veiligheid ondermyn. Hy sê verantwoordelike verslaggewing moet deursigtigheid en openbare belang met grondwetlike verpligtinge balanseer. Sifolo beklemtoon egter vertroulikheid mag nie in die pad van regmatige openbare ondersoek of aanspreeklikheid staan nie:

ENG-SifoloOnJournalists