# Die Parlementêre portefeuljekomitee oor Onderwys waarsku daar moet nog baie gedoen word om die BELA-wetgewing te implementeer terwyl ouers voorberei vir die 2027-skooljaar. Die Wet maak Graad R verpligtend en verander toelatings- en taalbeleide. Die Departement van Onderwys sê 11-duisend-715 toelatingsbeleidhersienings en 11-duisend-657 taalbeleidhersienings van skole is uitstaande. Die voorsitter van die komitee, Joy Maimela sê onvolledige hersienings kan ouers benadeel wat aansoek doen om toelating. Sy sê die komitee het verskeie kwessies aangeraak, insluitend befondsing, infrastruktuur- en kapasiteits- en klaskamertekorte, praktisynskwalifikasies en vertragings in die finalisering van regulasies.
Implementering van BELA-wet sloer terwyl 2027 toelatingsproses nader kom