# Hongkong se uitvoerende hoof, John Lee, het om verskoning gevra vir die brand in November verlede jaar waarin 168 mense dood is. ʼn Onafhanklike ondersoek het ernstige nalatigheid deur regeringsdepartemente en konstruksiemaatskappye bevind. Die brand het sewe woonstelblokke tydens opknappingswerk in Tai Po verswelg. Amptenare het nie op brandveiligheidsklagtes reageer nie, en vlambare materiale het die brand vinnig laat versprei. Die minister van Behuising, Winnie Ho, het bedank en politieke verantwoordelikheid aanvaar. Lee het hervormings belowe, insluitend om samespanning met konstruksietenders ’n strafbare misdryf te maak, en ‘n ondersoek na moontlike wangedrag deur amptenare beveel.
Hongkong se leier vra om verskoning vir dodelike brand en belowe ingrypende hervormings