Skip to content

Honderde vermoedelik dood in optrede teen verkiesingsbetogings in Tanzanië

# Honderde mense is in Tanzanië dood in drie dae lange betogings na Woensdag se algemene verkiesing. Die land se hoofopposisieparty, Chadema, het aan die AFP-nuusagentskap gesê “sowat 700” mense is dood in botsings met veiligheidsmagte. ʼn Diplomatieke bron in die land het aan die BBC gesê daar is geloofwaardige bewyse dat minstens 500 mense dood is. Tydens die betogings het meestal jong mense in stede reg oor Tanzanië die strate ingevaar omdat hulle die verkiesing as onregverdig beskou. Hulle beskuldig die regering dat hy demokrasie ondermyn deur die hoofopposisieleiers te onderdruk.