# Die burgemeester van Hiroshima, Kazumi Matsui, sê die Amerikaanse president, Donald Trump, moet die Japannese stad kom besoek om die gevolge van kernwapens te aanskou. Dit volg nadat Trump 1945 se atoombom-ontploffings vergelyk het met die onlangse lugaanvalle op Iran. Matsui sê Trump moet eers die gebombardeerde gebied besoek om die werklikheid te sien en die gees aan te voel. Amerika het Hiroshima op 6 Augustus 1945 met ‘n atoombom aangeval en drie dae later dieselfde gedoen in Nagasaki. Japan het daarna oorgegee en die Tweede Wêreldoorlog is beëindig.
Hiroshima se burgemeester sê Trump moet die stad besoek voor hy uitlatings oor atoombomme maak