# Die owerhede in die Hamas-beheerde Gaza het aanklagte van hoogverraad teen die 35-jarige leier van ‘n groep aanhangig gemaak wat beskuldig word dat hulle gedurende die Gaza-offensief saam met Israel werk. Yasser Abu Shabab is die vermeende hoof van die Popular Forces-groep. Palestynse media sê die groep is aktief in die Israelies-beheerde gebied oos van Rafah. In ’n verklaring word gesê ‘n “revolusionêre hof” het Abu Shabab tien dae gegun om homself oor te gee vir verhoor op aanklagte van onder meer hoogverraad, samewerking met vyandige entiteite, en gewapende opstand.
Hamas-regeerde Gaza gee teenstander 10 dae om homself oor te gee vir verraadverhoor