# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, gaan ‘n Nasionale Onderwys- en Opleidingsraad stig om raad te gee oor kwessies soos bevordering-standaarde, onderwyser-werklas en skoolhulpbronne. Gwarube sê die aanpassing van slaagpunte moet op navorsing gegrond word. Sy het die belangrikheid van grondliggende leer, skoolvoeding en vroeë kinderontwikkeling beklemtoon. Sy sê die raad sal kundige bydraes lewer om verantwoordelike kurrikulumbesluite te neem om onderwys onder die huidige beperkings te beskerm en verbeter.