# Gholf: Die Amerikaner Wyndham Clark het ‘n gerieflike voorsprong van 7 onder baansyfer in die 126ste Amerikaanse Ope aan die begin van die derde ronde vandag. Clarke het die voorsprong in gister se tweede ronde teen die res van die spelers by die uitdagende Shinnecock Hills gholfklub opgebou. Die groep wat kort op sy hakke is sluit in, Matt Fitzpatrick, Xander Schauffele, Tom Kim, en Sam Stevens, wat saam op drie-onder is. Die toernooi se streng afsnypunt van vier-onder het verskeie bekende spelers in die stof laat byt.
Gholf: Wyndham Clark loop voor in Amerikaanse Ope