Skip to content

Gholf: Suid-Afrikaner Aldrich Potgieter neem die voortou met twee houe by Rocket Classic in Detroit

# Gholf: Die twintigjarige Aldrich Potgieter van Suid-Afrika is op die punt om geskiedenis te maak. Die jongste nuweling op die PGA-toer begin die laaste ronde van die Rocket Classic met ‘n voorsprong van twee houe. Hy het gister ‘n ronde van 65 gespeel met vyf agtereenvolgende voëltjies op putjies vier tot nege. As hy vandag so voortgaan sal Potgieter die jongste Suid-Afrikaner ooit word om op die PGA-toer te wen. Daar is vyf spelers kort op sy hakke op 17 onder baansyfer: Max Greyserman, Jake Knapp, Mark Hubbard, Andrew Putnam en Chris Kirk.