Skip to content

Gholf: Sergio Garcia sal vir die eerste keer sedert 1999, nie aan Amerikaanse Ope deelneem nie

# Gholf: Vir die eerste keer sedert 1999, het die voormalige Meesterskampioen, Sergio Garcia, nie vir volgende maand se Amerikaanse Ope gekwalifiseer nie. Die Spanjaard het by Bent Tree-buiteklub in Dallas ‘n hou aan baansyfer op sy laaste putjie tydens die 36-putjie kwalifiserende rondte afgestaan en op ses onder baansyfer geëindig, en het nie gekwalifiseer nie. Ryderbeker-kaptein Edoardo Molinari van Italië was een van agt spelers wat Maandag by Walton Heath in Engeland deurgedring het, en nog drie het hul plekke in die Japanese kwalifiserende byeenkoms verseker. Die laaste tien kwalifiseringsplekke sal op 2 Junie beslis word.