# Gholf: Die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen het sy plek bespreek in die 125ste Amerikaanse Ope wat volgende week by die Oakmont-buiteklub plaasvind. Die 35-jarige speler het rondes van 64 en 67 voltooi om op 13 onder 131 eerste klaar te maak by ʼn kwalifiserende toernooi by die Kinsale-gholfklub in Columbus, Ohio. Van Rooyen, ʼn tweemalige PGA-wenner, het nie die laaste drie Amerikaanse Opes gehaal nie. Die Amerikaners Rickie Fowler en Max Homa het nie vir die major gekwalifiseer nie.
Gholf: SA se Erik van Rooyen bespreek sy plek in volgende week se Amerikaanse Ope