Skip to content

Gholf: Jon Rahm loop voor by LIV-toernooi in Mexico-stad

# Gholf: Jon Rahm het ‘n skrale voorsprong van een hou op 10 onder baansyfer na die tweede rondte van die LIV-toernooi in Mexico-stad by die Chapultepec gholfklub. Die Spanjaard het Vrydag 67, 4-onder aangeteken en is ‘n kort kop voor ‘n groep met onder andere Harold Varner, Matthew Wolff en Tom McKibbin, wat almal gelyk is op 9 onder syfer. In die spankompetisie begin Rahm se Legion XIII die laaste ronde vandag met ‘n reusevoorsprong van 19 houe.