# Gholf: Die viermalige major-kampioen Ernie Els sal Suid-Afrika in Desember aanvoer in ‘n nuwe vertoontoernooi op Fancourt in George. Hulle sal teen ‘n wêreldspan te staan kom, gelei deur die tweemalige major-kampioen José Maria Olazabal van Spanje. Die voormalige Protea-krieketkaptein AB de Villiers en die gewese Springbok-rugby-ster Fourie du Preez is ook deel van Span Suid-Afrika vir die Icons Cup Suid-Afrika. Die wêreldspan het reeds die gewese Engelse sokkerkaptein, John Terry, en die Windies se voormalige krieketheld, Brian Lara, aangekondig. Nog spelers sal later aangewys word.
Gholf: Ernie Els, AB de Villiers en Fourie du Preez in Span SA ingesluit vir eerste Icons Cup in Suid-Afrika