# Gholf: LIV Gholf het planne bevestig om bedrywighede af te skaal en ‘n likwidasieproses te begin weens ʼn gebrek aan finansiële ondersteuning. Die wegbreek-liga kon nie nuwe beleggings lok nadat BC Partners Credit sy beplande ondersteuning van 4,98-miljard-rand vir volgende jaar gekanselleer het nie. Dit volg nadat hoëprofiel-spelers soos Louis Oosthuizen, Jon Rahm, Tyrrell Hatton en Sergio Garcia aan die liga onttrek het. LIV sê hy oorweeg steeds enige alternatiewe met derde partye wat waarde toevoeg tydens die afskaalproses.
Gholf: Daar sal geen LIV 2.0 wees terwyl likwidasiefase naderkom nie