# Die Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo versoek motoriste om uiters versigtig te bestuur op die N1-suid naby Mokopane, waar swaar reën en hael gevaarlike padtoestande veroorsaak. Bestuurders word aangeraai om spoed te verminder en ‘n veilige volgafstand te handhaaf. Tidimalo Chuene van die departement sê verskeie voertuie het reeds afgetrek weens swak sigbaarheid en die gladde padoppervlakte: