Skip to content

Gautengse regering veroordeel vlaag skietvoorvalle

# Die Gautengse provinsiale regering veroordeel gisteraand se skietvoorvalle in Katlehong en Vosloorus. In Katlehong is vier jong mans dood en drie ander, onder wie ‘n 12-jarige, beseer toe ‘n gewapende persoon op mense geskiet het wat van ‘n gedenkdiens teruggekeer het. In Vosloorus is een persoon dood, en in Kempton Park is ‘n man geskiet in ‘n voorval wat vermoedelik met taxigeweld verband hou. Woordvoerder Elijah Mhlanga sê hulle verwelkom dat die verdagte in die Katlehong-voorval homself oorgegee het, en sê die saak is tans by die Taakspan vir Politieke Moorde.