# Die Gautengse regering doen ‘n beroep op inwoners, ondernemings en instellings om water spaarsamig te gebruik terwyl verbruik steeds regoor die provinsie styg. Die bergingsvlakke van reservoirs daal steeds, hoewel pompstelsels byna voluit werk. Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane is verantwoordelik vir ongeveer 70-persent van die water wat deur Rand Water voorsien word. Die regering sê die herstel van lekkasies, korter stortbaddens en die vermyding van onnodige gebruik van tuinslange kan help om die druk te verlig. Gemeenskapsontwikkelingswerkers word ook gemobiliseer om waterbesparing en gedragsverandering te bevorder.
Gautengse regering moedig inwoners aan om water spaarsamig te gebruik terwyl aanvraag styg