Skip to content

Gautengse Onderwysdepartement doen stappe ná geweld by skool in Khutsong [KLANK]

# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, sê owerhede sal nie anargie by skole duld nie. Dit volg ná ‘n klopjag by die Badirile Secondary School in Khutsong. Polisie het beslag gelê op messe, skêre, damprooktoestelle, dwelms en ander gevaarlike items tydens ‘n deursoek-en-beslagleggingsoperasie vanoggend. Maile sê leerders daag nie op by klasse nie en intimideer onderwysers en medeleerders, terwyl bewerings ook na vore gekom het teen vyf onderwysers wat beskuldig word van gereelde afwesigheid. Hy sê ‘n waarnemende skoolhoof sal aangestel word om die orde te hestel:

ENG MaileOnViolence