# Die Gautengse LUR vir Menslike Nedersettings, Tasneem Motara, sê inwoners wat onwettige informele nedersettings oprig, sal nie langer voorkeur geniet vir behuising nie. Sy het gepraat op die sooispit-seremonie van die Mabopane-uitbreiding 1-projek noord van Pretoria. Die projek sal teen Junie volgende jaar een-duisend-576 wooneenhede lewer nadat twee vorige kontrakteurs se kontrakte beëindig is. Motara sê die departement sal voorkeur gee aan mense wat tussen 1996 en 1999 aansoek gedoen en die wet gehoorsaam het.
Gautengse LUR waarsku onwettige grondbesetters sal nie voorkeur kry vir behuising nie