# Die Gautengse Departement van Gesondheid het DA-bewerings ontken dat daar ‘n oponthoud is met liggame by die Helen Joseph-hospitaal weens ‘n tekort aan drukker-inkhouers en vertragings met papierwerk. Die departement sê slegs een liggaam, wat by aankoms op 25 Junie dood verklaar is, is na ‘n KwaZulu-Natalse gesin opgespoor. Vertragings tussen 17 en 23 Junie is teen 24 Junie opgelos. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, het bevestig geen uitstaande gevalle wag op verwerking nie:
Gauteng Gesondheid ontken berigte van agterstande by Helen Joseph-lykshuis [KLANK]
ENG-ModibaOnCorpses