Skip to content

Frankryk getref deur nuwe betogings en stakings terwyl Macron poog om onluste te beperk

# Derduisende mense sal na verwagting vandag landwyd in Frankryk betoog. Vakbonde en studentegroepe eis ferm optrede teen stygende lewenskoste, vervalle openbare dienste en haglike toestande in skole. Dit volg nadat president Emmanuel Macron gister ‘n veiligheidsvergadering belê het in ‘n poging om ‘n herhaling van verlede maand se oproerigheid en plundering te verhoed. Ongeveer 70-duisend polisielede is landwyd aan diens. Ontwrigtings word verwag in openbare vervoer, spoordienste en skole, terwyl kragwerkers ook by die staking aansluit.