# Die Forum vir Suid-Afrika het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog verwelkom en noem dit opportunisties maar noodsaaklik. Die FOSA-woordvoerder, Tebogo Mashilompane, hou vol die dialoog is ‘n verkwistende poging om ministers wat misluk te beskerm. Mashilompane voer aan landsburgers wil optrede sien oor werkgeleenthede, veiligheid en dienste, nie duur besprekings nie. Hy doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om die dialoog te kanselleer, swak ministers af te dank en te fokus op werklike oplossings vir die land se dringendste uitdagings: