# Fietsry: Al die fietsryers by vanjaar se UCI Fietsry Wêreldkampioenskap in Rwanda sal GPS-toetstelle op hulle fietse hê om veiligheid te verbeter. Dit volg na ‘n tragiese ongeluk in verlede jaar se kompetisie in Switserland wat gelei het tot die dood van Muriel Furrer, ‘n Switserse tiener in die juniorvroue-wedren naby Zurich. Die opsporingstegnologie was by drie skofte van die Tour de Romandie Feminin in Switzerland getoets. Met ‘n ongeluk of ‘n skielike verandering in spoed kan die toestel dadelik buitengewone situasies identifiseer. Die wedren begin hierdie naweek in Kigali, ‘n eerste vir Afrika.
Fietsry: Alle deelnemers aan die Rwanda wêreldkampioenskap sal met GPS-toestelle toegerus word, sê UCI