Skip to content

Ekurhuleni se Metropolisiehoof, Isaac Mapiyeye, vrygespreek op alle aanklagte

# Die Stad Ekurhuleni het bevestig die hoof van die Metropolisie, Isaac Mapiyeye, is vrygespreek op alle aanklagte. Die stad se woordvoerder, Phakamile Mbengashe, sê die dissiplinêre verrigtinge is afgehandel en Mapiyeye het vandag sy pligte hervat. Hy sê hulle respekteer die uitkoms van die proses en bly verbind tot bestendigheid, aanspreeklikheid en doeltreffende leierskap binne die Metropolisie-departement.