# Die EFF het ‘n skrywe gerig aan die Parlement se Gesamentlike Komiteevergadering van die Staande Portefeuljekomitee-voorsitters oor Finansies, die Polisie, Samewerkende Regering en Tradisionele Sake. Die party vra ‘n dringende gesamentlike komiteevergadering om die toenemende krisis rondom die nie-nakoming van pensioenfondse en die uitbuiting van werkers, veral privaat sekuriteitspersoneel en munisipale werknemers te bespreek. Die EFF dring aan hierdie gesamentlike vergadering moet sonder versuim gehou word, sodat die Parlement sy rol as ‘n verdediger van die mense kan terugeis.