# Die EFF verwelkom die publikasie van ‘n kennisgewing om ‘n Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsaangeleenthede in te dien, wat sy leier Julius Malema voorgestel het. Die woordvoerder Sinawo Thambo sê die doel is om Suid-Afrika se verkiesingsraamwerk aan te pas sodat kiesers outomaties geregistreer kan word. Hy sê die voorgestelde wet mik ook om struikelblokke wat deelname aan verkiesings beperk, uit die weg te ruim en die demokrasie te versterk deur te verseker alle stemgeregtigde burgers verskyn sonder onnodige administratiewe hindernisse op die kieserslys. Die EFF beplan om aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, te skryf om te verseker die wetsontwerp word sonder versuim ingedien en verwerk.
EFF verwelkom stap om nuwe Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsaangeleenthede in te stel