# Een-en-twintig laerskoolkinders is beseer toe ‘n leerdervervoer-voertuig en ‘n ligte motorvoertuig vanoggend op die M7 naby Katlehong in Gauteng gebots het. Noodspanne het alle insittendes op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is. Die woordvoerder van Ekurhuleni se Ramp-en-noodbestuursdienste, William Ntladi, sê vier leerders het ernstige beserings opgedoen, maar is in ‘n bestendige toestand. Hy sê twee leerders wat gewag het vir hul vervoer is ook beseer:
Een-en-twintig leerders beseer in leerdervervoer-ongeluk in Ekurhuleni [KLANK]
ENG NtladiOnLearnersmp3