# Die Edu Invest-projek in die Wes-Kaap het die afgelope drie jaar ‘n belegging van 907-miljoen-rand vir onderwysinfrastruktuur verseker. Die projek word deur die Provinsiale Onderwysdepartement gefinansier en deur Wesgro ondersteun, en het gehelp om 18 onderwysprojekte bekend te stel, insluitend skole, opleidingsentrums en vroeëkinderontwikkelingsentrums. Die LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê hierdie projekte het byna ses-duisend leerders bevoordeel en 362 werksgeleenthede geskep:
Duisende leerders in Wes-Kaap baat by groot beleggings in onderwys [KLANK]
ENG LondtEducationInvestment