Skip to content

Duisende betoog in Jerusalem oor Israel se Gazastad-plan

# Duisende betogers ter ondersteuning van die gyselaars het die strate van Jerusalem ingevaar en na premier Benjamin Netanyahu se woning opgeruk. Hulle is woedend oor die plan om Gazastad te beset. ‘n Voormalige soldaat, Max Kresch, wat aan die optog deelgeneem het, het aan die BBC gesê hy weier om voort te gaan om in Netanyahu se politieke oorlog te veg. Daar was optogte oral in Israel in stede soos Haifa en Tel Aviv. Israel se oorlogsplanne, het veroordeling uitgelok van die VN en talle lande, insluitend die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Australië, Turkye, Duitsland, Finland en Kanada.