Skip to content

Drie vragmotors verwoes tydens aanval op N3-snelweg in Gauteng [KLANK]

# Die Gautengse polisie ondersoek sake van kwaadwillige saakbeskadiging en poging tot moord nadat drie vragmotors op die N3-snelweg naby Vosloorus aan die brand gesteek is. Polisiewoordvoerder Noxolo Kweza sê die verdagtes het na bewering die pad versper en begin losbrand tydens ‘n kapingspoging. Die bestuurders is ongedeerd. Kweza veroordeel die aanval en sê wetteloosheid sal nie geduld word nie. Sy vra inligting om te help met ondersoeke en moontlike inhegtenisnemings:

ENG KwezaOnTrucks