Skip to content

Drie in Oos-Kaap gearresteer vir besit van militêre toerusting

# Drie verdagtes is in Port St. Johns, Oos-Kaap, gearresteer in ‘n gesamentlike intelligensiegedrewe operasie. Die polisie het beslag gelê op ongelisensieerde vuurwapens en militêre toerusting. ‘n Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê taktiese reaksie- en gevegspanne het twee huise in Tombo en Mthumbane deursoek en op gewere, pistole, ammunisie en AK-47’s afgekom. Die verdagtes gaan van ​​​​verskeie vuurwapenklagte aangekla word en verskyn Dinsdag in die hof. Gantana sê die operasie ontwrig die misdaadnetwerke wat met geweldsmisdade verbind word.