Skip to content

Dokters sonder Grense sê ‘n kwart van die kinders in Gaza is ondervoed

# Dokters sonder Grense sê ‘n kwart van jong kinders en swanger vroue of vroue wat borsvoed wat verlede week in sy klinieke in Gaza getoets is, was ondervoed. Die mediese bystandgroep sê Israelse owerhede se doelbewuste gebruik van hongersnood as ‘n wapen in Gaza het ongekende vlakke bereik, met pasiënte en gesondheidswerkers wat ook nou sukkel om te oorleef. Daar word gesê dat personeel in die beleërde oorloggeteisterde Palestynse gebied toenemende getalle ondervoede pasiënte behandel.