# Minstens 151 mense in sentraal-Nigerië is alreeds dood na kitsvloede wat huise vernietig en duisende inwoners sedert verlede week ontwortel het. Die noodbestuursagentskap van Nigerië, Nsema, het aan die BBC bevestig dat die dodetal skerp gestyg het van 115 nadat vloede die dorp Mokwa getref het. ‘n Woordvoerder van Nsema het gesê dat meer as 500 huishoudings, met meer as drie-duisend mense, is geraak. Sommige gesinne het glo tussen twee en vyf familielede, insluitend kinders, verloor.
Dodetal weens kitsvloede in Nigerië styg tot meer as 150