# Mpumalanga se departement van Gemeenskapsveiligheid het bevestig dat die dodetal in gister se trompop botsing op die M4-tolpad tot ses gestyg het. ‘n Beseerde het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die botsing tussen ‘n sportnutsvoertuig en ‘n bakkie het die verkeer vir ure vertraag. Owerhede doen ‘n dringende beroep op bestuurders om padreëls te gehoorsaam en ekstra versigtig te bestuur in swak weerstoestande.
Dodetal in trompop botsing op N4 in Mpumalanga styg tot ses