Skip to content

DNS-monsters ingesamel terwyl getal vermiste persone toeneem ná treinbotsing in Spanje

# Die Spaanse polisie het 64 verslae oor vermiste persone ontvang ná Woensdag se dodelike treinbotsing terwyl DNS-toetse om die slagoffers uit te ken begin het. Kantore is in Madrid, Toledo, Córdoba en Seville ingerig waar naasbestaandes versoek is om DNS-monsters te verskaf om te help met identifisering. Ondersoekers samel ook besonderhede soos geboortevlekke en ander liggaamskenmerke in. Die dodetal het intussen tot 69 gestyg, met 50 mense steeds in die hospitaal. Forensiese spanne ondersoek die liggame wat reeds gevind is en reddingswerkers deursoek steeds die wrak.