# Die regering het die Nasionale Polisie-herstelagenda van stapel gestuur. Dit is landswyd gemik op 140 polisiestasies met hoë misdaadsyfers. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ydens ‘n vergadering met provinsiale LUR’e vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, gesê die distrikte sal verbeterde hulpbronne, infrastruktuuropgraderings en strenger toesig ontvang. Hy sê die hervormings sal misdaadintelligensie, speurdienste en gemeenskapspolisiëring versterk om georganiseerde misdaad te bestry en die openbare vertroue in die polisie te herbou:
Die regering begin met die uitrol van die Nasionale Polisie-herstelagenda [KLANK]
ENG-CachaliaOnAgenda