# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê die departement het begin met ‘n omvattende plan vir die verbetering van interne beheer ten einde data-integriteit en prestasiemonitering te versterk. Hy sê die Ouditeur-Generaal het gewaarsku teen die verwydering van sleutelprestasie-aanwysers wat strategiese impak bepaal, en het bevind die departement het nie voldoende interne beheermaatreëls in plek om die integriteit van gerapporteerde prestasies te beskerm nie. Manamela sê ‘n departement wat optimaal funksioneer is noodsaaklik vir ‘n bedryf van ‘n naskoolse onderwys- en opleidingstelsel: