Skip to content

Departement van Arbeid ontvang 68 vergoedingseise na gebou-ramp in George

# Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê hy het deur die Vergoedingsfonds 68 eise ontvang wat verband hou met die gebou-ramp in George. Vyftien is van Suid-Afrikaners en 53 van buitelandse burgers. Vier-en-dertig bouwerkers is in Mei verlede jaar dood toe ‘n vyfverdiepinggebou in aanbou ingetuimel het. Die departement sê die naasbestaandes van 28 van die 34 slagoffers het eise ingedien. Hy sê dis weens gebrekkige dokumentasie moeilik om sommige van die eise te verwerk.