# Die DA gaan ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting vra dat die name bekend gemaak moet word van amptenare wat betrokke was by die toekenning van die vierde nasionale loterylisensie, na kommer oor ‘n moontlike skakel met adjunkpresident Paul Mashatile se familie. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, wou nie die name aan die Parlement gee nie. Toby Chance van die DA sê Tau moet voor die Parlement verskyn om rekenskap te gee oor sy hantering van die lisensie van 60-miljard-rand: