# Die DA sê vyf munisipaliteite in die Wes-Kaap, wat almal regeer word deur onbestendige koalisies, sukkel met onbetaalde Eskom-skuld ter waarde van altesaam 93-miljoen-rand. Vier van hierdie munisipaliteite sal hul skuld afgeskryf kry as deel van die munisipale skuldverligtingsprogram, maar Theewaterskloof kwalifiseer nie. Dave Bryant van die DA dring aan op beter bestuur, aangesien dié munisipaliteite se finansiële probleme basiese dienste belemmer en so ook hul vermoë om met die privaat sektor saam te span vir energieopwekking: